Tuis

Persoonlike Versorging & Afronding

Spesiale Pakette & Tariewe

Meer oor Myself

Kontak My

 

Vergewe pic

Vergewe jy Jouself?

Daar is baie meer gebruike vir klere as om ons naaktheid te bedek of om ons warm te hou. In Sagaria 3 beskryf Sagaria die droom wat hy gesien het van Jesua:

Jesua staan voor die engel van God en aan die regterkant staan Satan (as aanklaer). Jesua se klere is baie vuil, maar die engel beveel sy helpers dat hulle vir hom skoon klere moet bring. “Ek het jou, jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek”.

So sien ons ook hierdie gebaar van vergifnis in Openbaring 3:5 “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.”

 

Wat behels 'n Beeldkonsultasie?

‘n Beeldkonsultasie behels eerstens ‘n deeglike introspeksie. Wie jy is, is die belangrikste bepalende faktor van die klerestyl waarmee jy sal identifiseer. Die kleur- en figuuranalise sal jou help om te bepaal wat by jou voorkoms pas – SOOS JY IS. Jy hoef nie gewig te verloor of aan te sit nie, duur kosmetiese prosedures te ondergaan nie en veral nie enige persoonlikheidsveranderinge te ondergaan nie! Nee, hierdie is die geleentheid om jou heel beste SELF te wees.

Verstaan jy nou hoekom praat ons van vergifnis? Het jy al jouself vergewe dat jy een of twee swak skoolrapporte huis toe gebring het, die tweede plek in die naellope behaal het, ‘n verhouding laat skeefloop het, spertye gemis het, selluliet en kraaispore het, en ‘n “handvatsel” wat nie verlede jaar in jou middeltjie gesit het nie!

Vergifnis beteken dat jy nie langer die rede vir jou hartseer en ongeregtigheid gaan toereken nie. Jy aanvaar dat jy dit nie kan verander nie, of besluit doelbewus om nie verder te probeer om die imperfeksie te verwerp nie. Vergifnis maak nie dit ongedaan wat gebeur het of bestaan nie, maar dit dui op die gesindheid wat jy nou teenoor die probleem het. Vergifnis maak jou vry van woede, hartseer, teleurstelling, skuldgevoelens, verbittering, haat en frustrasie.

Vergifnis maak jou vry.... soos Jesus jou vrygekoop het! Vry om jouself te wees – en dit met trots aan ander oor te dra. Vry van ongenaakbare moderedaktrises (as jy “The devil wears Prada” gesien het), groepsdruk, kredietkaarte of realiteitsprogramme wat ‘n “make over” laat ontaard in ‘n “take over”!


 

‘n Beeldkonsultasie is die belegging wat jy maak om jou ware self uit te beeld in die kleredrag wat jy kies. Dit verloop so:

Tydsduur: 3 ure
Koste: R 750

 


 

‘n Vernuwingsessie herontdek die ware jy, bevestig jou skeppingsdoel, defenieer jou kenmerk (“branding”) en rig jou nie-verbale kommunikasie af om ‘n selfgeldende geheelbeeld na buite te skets. Dit sluit in:

Tydsduur: 8 ure
Koste: R3 750